WiX Kinderkerk hou konsert

Posted on Oct 29, 2014 in Blog, WiX

WiX konsert

Die WiX Kinderkerk is hard besig met voorbereidings vir hulle Kerskonsert wat op Sondag 30 November om 18:00 gehou word.  Dit is elke jaar ‘n hoogtepunt op ons gemeente program.  Ons oorhandig ook tydens hierdie geleentheid aan die kinders sertifikate en gee ook vir elkeen ‘n geskenkie.

Ons moedig die ouers aan om hierdie laaste paar Sondae getrou die kinders te bring sodat hulle deeglik vir hierdie konsert kan voorberei.  Daar word baie moeite gedoen met die voorbereidings en die dekor.  Moet dit verseker nie mis nie!