Nooit Alleen

Posted on Apr 14, 2016 in Blog, Boodskapreeks, Preeknotas

File 2016-03-21, 6 05 55 PMOns gesels aan die hand van Ps 23 oor die tema:  NOOIT ALLEEN.  In Ps 23 word daar in elke teksvers op een of ander wyse na God verwys, daarom beskou ons Ps 23 as ‘n ryk woordprent van die God van ons belydenis.  Wanneer iemand jou vra:  “Wie is hierdie God wat jy aanbid?”  Dan kan jy met groot vrymoedigheid hierdie Psalm kwoteer.

Daar is ‘n rykdom van wonderlike gesprekke wat ons aan die hand van Ps 23 kan voer.  Hoe dieper ons in hierdie Psalm in delf, hoe meer dinge vind ons waaroor ons kan gesels.  

Tydens ons bespreking gaan ons aandag skenk aan:

  1. God is getrou
  2. Om God te ken.
  3. Die mooi en lekker lewe.
  4. Taai tye in donker valleie.
  5. Die vyande kan dit nie keer nie.
  6. In die huis van die Here in lengte van dae.

Klik gerus op die boodskap-titel vir preeknotas.