Kinderbediening nuus

Posted on Jun 25, 2012 in Blog, WiX

Daar is groot dinge aan die gebeur by die Kinderbediening van die VEK Louis Trichardt.  Lesingmatriaal is aangekoop, en gedurende die skoolvakansie word die lokale opgeknap en die onderwysers word opgelei.  Ons sien met groot verwagting uit na dit wat in die kinderbediening gaan gebeur.

Lianie du Preez is ons nuwe kinderbediening koördineerder, en saam met die WENSPAN wat saam met haar werk, gaan hulle voortbou aan die sukses van die Kinderbediening.

Ons sal julle op hoogte van die vordering hou.