JESUS is ons fokuspunt

Posted on Dec 23, 2015 in Blog

kersfees3Ons nooi jou hartlik uit na ons Kersfeesdiens, VRYDAG 25 Desember om 08:00, saam met die VEK Louis Trichardt Familie en Vriende.  Ons herdenk al juigende die geboorte van Jesus Christus.

Ja, dit is reg:  Ons hou ‘n diens op Kersfeesoggend!  Ons doen dit graag, ons doen dit willenswetens.  

Paulus het geskryf:

5  Want al is daar ook sogenaamde gode, of dit in die hemel en of dit op die aarde is  –  soos daar baie gode en baie here is  –
6  tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom.”
[I Kor 8:5, 6]