Hier vir ‘n rede

Posted on Jan 18, 2016 in Blog, Boodskapreeks, Preeknotas

hier2Die grootste bron van lewensvervulling en die allersoortreffende gevoel van genoegdoening wat enige mens in die lewe nodig het om sinvol te bestaan, is juis hierin opgesluit:  Dat jy God se wil vir jou lewe sal ken, en sal uitleef.  Om buite God se wil vir jou lewe te leef, is die grootste vermorsing van lewensenergie.  Jy kan verseker wéét dat God vir jou lewe ‘n besondere plan het.  Die goeie nuus is dat alle mense ‘n betekenisvolle lewe kan leef!

Hoekom is dit so noodsaaklik dat jy sal verstaan dat jy hier is vir ‘n rede, en dat jy hierdie rede moet ontdek en ten volle moet uitleef??  Vriende, die antwoord is eenvoudig  …  en soms bykans verbysterend:  GOD HET ‘n PLAN EN JY IS DEEL DAARVAN!

Volg gerus hierdie boodskapreeks, en klik op die skakel vir die preeknotas.

Boodskap 1  |  EK IS HIER
Boodskap 2  |  JOU GEBOORTE IS STRATEGIES
Boodskap 3  |  HOE ONTDEK JY JOU SKEPPINGSDOEL  Deel 1

Boodskap 4  |  HOE ONTDEK JY JOU SKEPPINGSDOEL  Deel 2
Boodskap 5  |  GOD SE WIL EN JOU PLEK IN DIE GEMEENTE
Boodskap 6  |  KAN GOD OP JOU REKEN?
Boodskap 7  |  WAAK TEEN DROOM-DIEWE