Ons dien ‘n GROOT GOD!

Posted on Jan 3, 2015 in Blog, Boodskapreeks

DLM  GROOTHEID

Ons aanvaar onvoorwaardelik dat GOD VIR ONS GOED IS!  God het ook nie nodig om Homself aan ons te bewys nie!  Ons weet dat God die behouder van alle mense is, insonderheid van die gelowiges  (I Tim 4:10), en dat niks ons van sy liefde kan skei nie  —  nie eers die dood nie  (Rom 8:37-39).

Tydens hierdie reeks boodskappe gesels ons oor die waarheid dat kinders van God vanuit ‘n posisie van oorwinning leef.  Ons gesels ook oor ons onwrikbare geloof in die goedheid van ons GROOT GOD.  Ja, ons wéét verseker dat Hy ons nie sal begewe of sal verlaat nie  (Hebr 13:5).  Dit is as gevolg van ons GROOT GOD dat ons vrede ervaar  (Fil 4:6, 7)  —  ten spyte van wat ook al teen ons mag aanstorm.  Ja, die lewe is mooi  —  WANT GOD IS GOED!

Klik op die skakel vir preeknotas

Boodskap 1  |  GELOOF IS PRAKTIES
Boodskap 2  |  EK WEET IN WIE EK GLO!