Gemeente Afsluiting & Waardering

Posted on Nov 12, 2015 in Blog

smily45By die VEK Louis Trichardt hou ons een algemene jaarlikse afsluitingsfunksie vir al die departemente van die gemeente  –  dit vind plaas op DV Sondag 15 November 2015.  Tydens hierdie gebruiklike jaarlikse gemeente-afsluiting hou ons ook ‘n spesiale gemeente waarderingsdag.  Elke WiX Kinderkerkmaat ontvang ook ‘n geskenk en lekkergoedpakkie.  Soos met al die vorige afsluitings- en waarderingsfunksies beloof dit om hierdie jaar ook ‘n groot kuier geleentheid te wees.  Die Kerkraad braai vleis, die Vroue Bediening maak heerlike slaaie en bak brode, en Heleen bou ‘n poeding wat geskik is vir die Koningin van Engeland.  WiX Kinderkerk is verantwoordelik vir die tafelversierings.