Die tyd vlieg

Posted on Dec 28, 2015 in Blog

Time-FliesDie tyd vlieg so baie vinnig verby  …  en daar is altyd so baie wat gedoen moet word.  Hoe behou ‘n mens perspektief in hierdie gejaagde lewe.  Waar begin ‘n mens?  Hoe weet jy waarvoor om  “ja”  of  “nee”  te sê.  Is dit nie onbedagsaam en onvriendelik om soms vir mense  “nee”  te sê nie.  Ons kyk met dankbaarheid terug na die pas afgelope jaar.  Ons maak aantekeninge  (mental notes)  van die lesse wat ons geleer het.  Ons evalueer hoe ons vorder in terme van ons doelwitte en maak seker dat ons gesond en heel is om met hoop en mening die onbekende toekoms aan te durf.

Die lewe is mooi. 
Ons is gesond. 
Ons is geseënd. 
Ons is gelukkig.
God is goed!!