WiX

VEK Louis Trichardt Kinderkerk

WiX Kinderkerk hou konsert

Posted on Oct 29, 2014 in Blog, WiX

Die WiX Kinderkerk is hard besig met voorbereidings vir hulle Kerskonsert wat op Sondag 30 November om 18:00 gehou word.  Dit is elke jaar ‘n hoogtepunt op ons gemeente program.  Ons oorhandig ook tydens hierdie geleentheid aan die kinders sertifikate en gee ook vir elkeen ‘n geskenkie. Ons moedig die ouers aan om hierdie laaste paar Sondae getrou die kinders te bring sodat hulle deeglik vir hierdie konsert kan voorberei.  Daar word baie moeite gedoen met die voorbereidings en die dekor.  Moet dit verseker nie mis...

Lees Meer

WiX Omsendbrief

Posted on Feb 18, 2014 in Blog, WiX

WiX Omsendbrief

 Liewe Ouers Hierdie kwartaal het met ‘n slag begin en vakansie is amper al weer om die draai! Ons is opgewonde oor die kwartaal se program en wil u graag op hoogte hou van die aktiwiteite wat ons beplan. Eerstens het ons weer ‘n “Visvang-dag” die 2de Maart. Dit beteken elke kind kan ‘n maat of maatjies bring wat verkieslik nie Sondae in ‘n kerk of Sondagskool kom nie.  Ons wil die maters wys dat dit lekker is om die Here te dien. Om die dag meer interessant te maak moet elke kind aantrek soos die letter waarmee hy/sy naam begin.  Bv. Deon kan aantrek soos ‘n donkie, ‘n dinosaurus of selfs koning Dawid. Dis regtig nie verpligtend nie en moet asseblief nie ‘n fortuin gaan spandeer om vir u kind ‘n kostuum te koop nie. Ons gaan ook ‘n spesiale kunswerk maak, wat die kinders gewoonlik baie geniet. Tweedens het ons ‘n span ingeskryf vir die CANSA Relay op 28 & 29 Maart. Een van die vereistes is dat ons span almal dieselfde lyk vir die optog. Daarvoor  is ons besig om t-hempde en golf-hempde  te reel.  Die t-hempde kan die kinders Sondae ook kerk toe aantrek. Indien u nog nie u bestelling geplaas het nie, sal ons dit waardeer indien u dit voor 28 Februarie kan doen. Verdere reëlings tov die Relay sal later aan u deur gegee word. Geliewe asseblief bogemelde datums in u dagboek aan te teken. Dit is vir ons as kinderkerk-span ‘n voorreg om elke kind te kan bedien en hulle meer van God te leer.  Ons wil ook dankie sê vir elke ouer wat hulle kind(ers) aan ons toevertrou. Ek glo ons is ‘n wenspan! Groetnis WiX...

Lees Meer

WiX Kinderbediening Konsert

Posted on Nov 17, 2013 in Blog, WiX

Daardie heerlike gevoel wat jy beleef wanneer almal saamwerk om ‘n bepaalde en gemeenskaplike doel te bereik – dit is wat ek hier in my binnemens ervaar. Ek so trots op, en dankbaar teenoor die Here, vir die toewyding van die personeel wat op Sondae onbaatsugtige, offervaardige diens by WiX Kinderkerk lewer. Dit is werklik mense wie se hart in die saak is. Hulle strewe na uitnemendheid is vir my kosbaar! Hulle liefde vir die Saak van Christus is duidelik sigbaar! Ek dank die Here – DIE WiX PERSONEEL DIEN EN BEDIEN ONS KINDERS. Kyk net hoe mooi is hulle uitnodigings na die kersspel. Lianie, jy en die personeel is...

Lees Meer

WiX Uitstappie

Posted on Sep 19, 2013 in Blog, WiX

WiX Uitstappie

Die WiX Kinderkerk het onlang; as deel van die kurrikulum wat hulle volg, ‘n uitstappie na ‘n nabygeleë plaas gereël.  Die kinders het dit terdeë geniet, en kon nie uitgepraat raak ook al die diere nie.  Dankie aan Lianie en die personeel wat so ywerig saam met haar werk! Klik gerus op die skakel  (die foto)  om die foto-album te besoek: wix...

Lees Meer

12 Manier om kinders so ver te kry om aandag te gee

Posted on Jul 9, 2013 in Blog, WiX

In die Limpopo Provinsie open die skole weer op Maandag 15 Julie. Ek het die volgende saamgestel vir kinderbediening personeel wat besig is met voorbereiding vir die nuwe kwartaal. Die inligting is geneem uit ‘n eBrief wat ek ontvang het.   Dale Hudson, wat beskou word as een van die top twintig invloedrykste persone ten opsigte van kinderbediening, wat self die afgelope 23 jaar by kinder- en familiebediening betrokke is, gee die volgende wenke om kinders se aandag te behou … Vra die kinders om te herhaal wat jy sopas gesê het. Wys ‘n kort video. Laat hulle vinnig opstaan en rondbeweeg. Laat hulle iets maak met betrekking tot die les wat aangebied was. Verwyder enige iets wat hulle aandag kan aftrek. Laat kinders in gonsgroepe verdeel om sekere aspekte/feite van die les te bespreek. Laat kinders die klas reëls maak – hulle skep dus hul eie dissiplinêre kode. Speel een of ander speletjie wat betrekking op die aanbieding het. Bied belonings vir diegene wat luister (‘n lekkerny, ens). Neem hulle uit die klaskamer na ‘n ander vertrek/plek waar die les aangebied gaan word. Laat hulle toe om jou te help met die lesaanbieding. Laat hulle sekere gebare/beweging agter jou aandoen.  Klik gerus op die skakel vir die oorspronklike artikel: http://www.churchleaders.com/children/childrens-ministry-how-tos/168388-12-great-ways-to-get-kids-to-pay-attention.html?print Foto:...

Lees Meer

WiX Nuus

Posted on Oct 9, 2012 in Blog, WiX

Goeie nuus vir al die WiXers  …  ONS OPEN SONDAG OM 09:00 VIR DIE NUWE KWARTAAL. WiXers weet wat dit beteken om die lewe te geniet.  WiXers geniet dit om ‘n dissipels van Jesus Christus te wees.  Ons kyk uit vir jou, en wil saam met jou hierdie laaste kwartaal GROOT GAAN! Ons is wenners in Christus!  Ons leef met...

Lees Meer