Boodskapreeks

Groeperinge van boodskappe wat oor ‘n tydperk van 4 tot 6 weke bedien was.

Wat ‘n avontuur!

Posted on May 30, 2016 in Blog, Boodskapreeks, Preeknotas

Wat ‘n avontuur!

Besef jy dat God ‘n wonderlike plan vir jou lewe het  –  en dat Hy jou wil gebruik om in hierdie stukkende wêreld lig en sout te wees  (Matt 5:13-16).  Om ‘n lewe te leef wat aan die Here uitverkoop is, is eenvoudig ‘n avontuur.  Ontdek wat heiligmaking beteken as deel van God se wil vir jou lewe, en leer hoe jy ‘n verskil kan maak in ‘n wêreld wat nodig het om te sien dat Jesus Christus die antwoord is en dat ons verhouding met God nie onderhandelbaar is nie.  DL Moody het dikwels hierdie woorde van ‘n vriend, Henry Varley, aangehaal:  “The world has yet to see what God can do with and for and through and in a man who is fully and wholly consecrated to Him.”  Boodskap 1  WEES AAN GOD UITVERKOOP Boodskap 2  JOU LEWE VERTEL ‘N...

Lees Meer

Nooit Alleen

Posted on Apr 14, 2016 in Blog, Boodskapreeks, Preeknotas

Nooit Alleen

Ons gesels aan die hand van Ps 23 oor die tema:  NOOIT ALLEEN.  In Ps 23 word daar in elke teksvers op een of ander wyse na God verwys, daarom beskou ons Ps 23 as ‘n ryk woordprent van die God van ons belydenis.  Wanneer iemand jou vra:  “Wie is hierdie God wat jy aanbid?”  Dan kan jy met groot vrymoedigheid hierdie Psalm kwoteer. Daar is ‘n rykdom van wonderlike gesprekke wat ons aan die hand van Ps 23 kan voer.  Hoe dieper ons in hierdie Psalm in delf, hoe meer dinge vind ons waaroor ons kan gesels.   Tydens ons bespreking gaan ons aandag skenk aan: God is getrou Om God te ken. Die mooi en lekker lewe. Taai tye in donker valleie. Die vyande kan dit nie keer nie. In die huis van die Here in lengte van dae. Klik gerus op die boodskap-titel vir...

Lees Meer

Hier vir ‘n rede

Posted on Jan 18, 2016 in Blog, Boodskapreeks, Preeknotas

Hier vir ‘n rede

Die grootste bron van lewensvervulling en die allersoortreffende gevoel van genoegdoening wat enige mens in die lewe nodig het om sinvol te bestaan, is juis hierin opgesluit:  Dat jy God se wil vir jou lewe sal ken, en sal uitleef.  Om buite God se wil vir jou lewe te leef, is die grootste vermorsing van lewensenergie.  Jy kan verseker wéét dat God vir jou lewe ‘n besondere plan het.  Die goeie nuus is dat alle mense ‘n betekenisvolle lewe kan leef! Hoekom is dit so noodsaaklik dat jy sal verstaan dat jy hier is vir ‘n rede, en dat jy hierdie rede moet ontdek en ten volle moet uitleef??  Vriende, die antwoord is eenvoudig  …  en soms bykans verbysterend:  GOD HET ‘n PLAN EN JY IS DEEL DAARVAN! Volg gerus hierdie boodskapreeks, en klik op die skakel vir die preeknotas. Boodskap 1  |  EK IS HIER Boodskap 2  |  JOU GEBOORTE IS STRATEGIES Boodskap 3  |  HOE ONTDEK JY JOU SKEPPINGSDOEL  Deel 1 Boodskap 4  |  HOE ONTDEK JY JOU SKEPPINGSDOEL  Deel 2 Boodskap 5  |  GOD SE WIL EN JOU PLEK IN DIE GEMEENTE Boodskap 6  |  KAN GOD OP JOU REKEN? Boodskap 7  |  WAAK TEEN...

Lees Meer

Nuuskierig of oorgegee

Posted on Jul 13, 2015 in Blog, Boodskapreeks

 Is jy bloot net nuuskierig oor wat gebeur, of is jy deel van dit wat besig is om te gebeur?   Ons nooi jou uit om hierdie boodskapreeks wat oor commitment handel saam met ons mee te maak.  Dit sal jou passie aanwakker.  Dit sal jou hart vir die Saak van Christus verruim.    Dit sal jou inspireer om jouself heelhartig en met entoesiasme en oorgawe te verbind aan dit wat God deur jou wil doen. Toeskouers het dikwels net opinies, maar diegene wat aktief betrokke is het planne van aksie en maak deur hulle meelewing ‘n verskil. Sondag 19 Julie 2015  |  Sondag 26 Julie 2015  |  Sondag 9 Augustus 2015 Klik op die skakels vir die preeknotas: Deel 1  NET GEÏNTERESSEERD OF OORGEGEE? Deel 2  MOOI SO GOEIE EN GETROUE DIENSKNEG. Deel 3  GOD HET JOU IN GEDAGTE VIR DIE...

Lees Meer

Vriendskap en vriendelikheid

Posted on Jun 4, 2015 in Blog, Boodskapreeks, Preeknotas

Ons nuwe boodskapreeks handel VRIENDSKAP EN VRIENDELIKHEID. Klik gerus op die skakel vir notes van die onderskeie boodskappe. Boodskap 1  |  Geestelike Vriende Die wêreld is ‘n alleen-plek  …  en ongelukkig is dit ook so dat mense selfs soms in die gemeente alleen voel.  Die doel van die boodskap is egter nie om mekaar te verwyt oor die gebrek aan vriendskap nie, maar om mekaar aan te moedig om waarlik vir mekaar vriende te wees.  Sonder om partyskap te verwek wil ek jou tog die volgende vra:  Het jy  (al)  ‘n geestelike vriend in die gemeente gevind  …  en is jy vir iemand anders ‘n ware vriend; ‘n geestelike vriend?  Die geestelike vriendskapsverhouding wat daar tussen die kinders van God  (behoort te)  bestaan, aksentueer ons een-wees en gee betekenis aan ons saam-wees. Sonder dat ons ‘n neiging wil aanmoedig dat die gemeente na-binne moet lewe  –  ons staan dit sterk teen!  –  moet ons tog nie nalaat om die waarde van geestelike vriendskappe binne die gemeente konteks te benadruk nie!  Ons moet die dinge identifiseer wat skade wil doen aan hierdie eenheid en geestelike vriendskapsband en daarmee afreken. Boodskap 2  |  Vriendelik teenoor almal Luister, vir ons wat die Here dien, is vriendelikheid nie ‘n opsie nie. ‘n Mens wat sy lag verloor het, is ‘n gewonde mens.  En die oorsaak van hierdie seer moet geïdentifiseer word, hanteer/verwerk word, sodat die persoon weer opnuut kan begin lag, lewe en vriendelik kan wees. Ons vriendelikheid word nie deur omstandighede bepaal nie!!  Dit is juis ons vriendelikheid wat die getuienis dra dat omstandighede nie oor ons heers nie! ‘n Vriendelike mens lag.  ‘n Vriendelike mens het vrede.  ‘n Vriendelike mens is blymoedig.  ‘n Vriendelike mens is ‘n mens met ‘n greep op die lewe. Die lewe is ‘n ernstige saak, maar dit beteken nie dat ‘n mens nie vriendelik moet wees nie.  Die vriendelikheid wat ons openbaar, moet die boodskap kommunikeer dat ons besorgd is  (I Thes 2:7).  En die motivering vir ons om hierdie gemoedstoestand te openbaar en te handhaaf, vind ons in Fil 4:5:  “Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby”  [Fil...

Lees Meer

Back 2 Basics

Posted on Jan 17, 2015 in Blog, Boodskapreeks

Ons het gesels oor ‘n gedissiplineerde geestelike lewe en oor van die geestelike dissiplines.  Ons het dus aandag aan ons toewyding geskenk.  Tydens hierdie reeks boodskappe het ons veral aandag geskenk aan die redes waarom dit belangrik is om die onderskeie geestelike dissiplines gedissiplineerd te beoefen. Tydens die DNAgroepe  (ons omgeegroepe)  was daar spesifiek aan sekere geestelike dissiplines aandag geskenk, byvoorbeeld Bybellees, gebed, vas, kerkbywoning, lofprysing en getuienislewering. Klik gerus op die skakel vir die notas van die onderskeie boodskappe: Boodskap 1  –  Hoekom geestelike dissipline belangrik is. Boodskap 2  –  Verhouding vs Godsdienstige houding. Boodskap 3  –  Koop die tyd uit. Boodskap 4  –...

Lees Meer