Blog

Goeie nuus moet gedeel word!

Die tyd vlieg

Posted on Dec 28, 2015 in Blog

Die tyd vlieg

Die tyd vlieg so baie vinnig verby  …  en daar is altyd so baie wat gedoen moet word.  Hoe behou ‘n mens perspektief in hierdie gejaagde lewe.  Waar begin ‘n mens?  Hoe weet jy waarvoor om  “ja”  of  “nee”  te sê.  Is dit nie onbedagsaam en onvriendelik om soms vir mense  “nee”  te sê nie.  Ons kyk met dankbaarheid terug na die pas afgelope jaar.  Ons maak aantekeninge  (mental notes)  van die lesse wat ons geleer het.  Ons evalueer hoe ons vorder in terme van ons doelwitte en maak seker dat ons gesond en heel is om met hoop en mening die onbekende toekoms aan te durf. Die lewe is mooi.  Ons is gesond.  Ons is geseënd.  Ons is gelukkig. God is...

Lees Meer

JESUS is ons fokuspunt

Posted on Dec 23, 2015 in Blog

JESUS is ons fokuspunt

Ons nooi jou hartlik uit na ons Kersfeesdiens, VRYDAG 25 Desember om 08:00, saam met die VEK Louis Trichardt Familie en Vriende.  Ons herdenk al juigende die geboorte van Jesus Christus. Ja, dit is reg:  Ons hou ‘n diens op Kersfeesoggend!  Ons doen dit graag, ons doen dit willenswetens.   Paulus het geskryf: “5  Want al is daar ook sogenaamde gode, of dit in die hemel en of dit op die aarde is  –  soos daar baie gode en baie here is  – 6  tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom.” [I Kor 8:5, 6]...

Lees Meer

Dankbaarheid is ‘n leefwyse

Posted on Nov 12, 2015 in Blog

Dankbaarheid is ‘n leefwyse

“5  Ek het dit dus noodsaaklik geag om die broeders te versoek om vooruit te gaan na julle toe en julle vroeër aangekondigde dankoffer vooraf in orde te bring, sodat dit gereed kan wees as ‘n dankoffer en nie as iets wat afgepers is nie. 6  Maar dink daaraan: Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai. 7  Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het ‘n blymoedige gewer lief. 8  En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.” [II Kor 9:5-8] Dankofferkoeverte is by die inligtingstoonbank beskikbaar. Indien u ‘n elektroniese oorplasing doen, dui asb u naam aan en meld duidelik dat dit u dankoffer...

Lees Meer

Gemeente Afsluiting & Waardering

Posted on Nov 12, 2015 in Blog

Gemeente Afsluiting & Waardering

By die VEK Louis Trichardt hou ons een algemene jaarlikse afsluitingsfunksie vir al die departemente van die gemeente  –  dit vind plaas op DV Sondag 15 November 2015.  Tydens hierdie gebruiklike jaarlikse gemeente-afsluiting hou ons ook ‘n spesiale gemeente waarderingsdag.  Elke WiX Kinderkerkmaat ontvang ook ‘n geskenk en lekkergoedpakkie.  Soos met al die vorige afsluitings- en waarderingsfunksies beloof dit om hierdie jaar ook ‘n groot kuier geleentheid te wees.  Die Kerkraad braai vleis, die Vroue Bediening maak heerlike slaaie en bak brode, en Heleen bou ‘n poeding wat geskik is vir die Koningin van Engeland.  WiX Kinderkerk is verantwoordelik vir die tafelversierings....

Lees Meer

Kersmark 2015

Posted on Nov 12, 2015 in Blog

Kersmark 2015

  Ons sien met groot verwagting uit na hierdie Kersmark.  Daar het nagenoeg 40 kunstenaars geregistreer.  Kom doen gerus jou geskenk inkopies hier  –  in ‘n rustige en feestelike atmosfeer.  Groot verskeidenheid en topgehalte produkte beskikbaar.  Nooi gerus jou vriende en vriendinne saam.  Jy het verseker nie nodig om onnodige reiskostes aan te gaan om geskenke te gaan koop nie  …  jy kan dit in die gerief van ons pragtige Dorp doen.   Kom bederf jouself. Genoeg parkering. Kaartfasiliteite. Ligte verversings te koop. Vriendelike mense om jou behulpsaam te wees. Meer as 30 kunstenaars is vanaf Gauteng afkomstig. Kom kyk gerus hoekom die Dorp oor hierdie besondere Kersmark aan die gons is. Nog goeie nuus is dat die kunstenaar wat tydens die 2013 mark  “pottery” produkte verskaf het, hierdie jaar weer by ons mark gaan...

Lees Meer

Manne van die Woord

Posted on Nov 12, 2015 in Blog, MvdW

Manne van die Woord

Die VEK Louis Trichardt ondersteun die Manne van die Woord byeenkomste wat weekliks by Ocean Basket gehou word.   Ons moedig al die manne aan om hierdie Vrydae-oggend byeenkomste by te woon vir ‘n tyd van geestelike verryking en broederskap. Keep it real.  Keep it simple. Indien daar enige ander bykomende aktiwiteite vir die manne gehou word, sal dit aangekondig...

Lees Meer