Blog

Goeie nuus moet gedeel word!

Vadersdag 19 Junie 2016

Posted on Jun 15, 2016 in Blog, Preeknotas, Program

Vadersdag 19 Junie 2016

Dit is Sondag, 19 Junie 2016, Vadersdag.  Hier by die VEK Louis Trichardt maak ons van dit ‘n besondere geleentheid om die vadersfigure in ons lewens te waardeer.  Ons nooi jou hartlik uit om hierdie byeenkoms saam met ons te geniet.   Die tema van Sondag se boodskap is:  Wys jou staal  –  have a heart. Sien jou 09:00 @ VEK Louis Trichardt....

Lees Meer

Wat ‘n avontuur!

Posted on May 30, 2016 in Blog, Boodskapreeks, Preeknotas

Wat ‘n avontuur!

Besef jy dat God ‘n wonderlike plan vir jou lewe het  –  en dat Hy jou wil gebruik om in hierdie stukkende wêreld lig en sout te wees  (Matt 5:13-16).  Om ‘n lewe te leef wat aan die Here uitverkoop is, is eenvoudig ‘n avontuur.  Ontdek wat heiligmaking beteken as deel van God se wil vir jou lewe, en leer hoe jy ‘n verskil kan maak in ‘n wêreld wat nodig het om te sien dat Jesus Christus die antwoord is en dat ons verhouding met God nie onderhandelbaar is nie.  DL Moody het dikwels hierdie woorde van ‘n vriend, Henry Varley, aangehaal:  “The world has yet to see what God can do with and for and through and in a man who is fully and wholly consecrated to Him.”  Boodskap 1  WEES AAN GOD UITVERKOOP Boodskap 2  JOU LEWE VERTEL ‘N...

Lees Meer

Nooit Alleen

Posted on Apr 14, 2016 in Blog, Boodskapreeks, Preeknotas

Nooit Alleen

Ons gesels aan die hand van Ps 23 oor die tema:  NOOIT ALLEEN.  In Ps 23 word daar in elke teksvers op een of ander wyse na God verwys, daarom beskou ons Ps 23 as ‘n ryk woordprent van die God van ons belydenis.  Wanneer iemand jou vra:  “Wie is hierdie God wat jy aanbid?”  Dan kan jy met groot vrymoedigheid hierdie Psalm kwoteer. Daar is ‘n rykdom van wonderlike gesprekke wat ons aan die hand van Ps 23 kan voer.  Hoe dieper ons in hierdie Psalm in delf, hoe meer dinge vind ons waaroor ons kan gesels.   Tydens ons bespreking gaan ons aandag skenk aan: God is getrou Om God te ken. Die mooi en lekker lewe. Taai tye in donker valleie. Die vyande kan dit nie keer nie. In die huis van die Here in lengte van dae. Klik gerus op die boodskap-titel vir...

Lees Meer

Hier vir ‘n rede

Posted on Jan 18, 2016 in Blog, Boodskapreeks, Preeknotas

Hier vir ‘n rede

Die grootste bron van lewensvervulling en die allersoortreffende gevoel van genoegdoening wat enige mens in die lewe nodig het om sinvol te bestaan, is juis hierin opgesluit:  Dat jy God se wil vir jou lewe sal ken, en sal uitleef.  Om buite God se wil vir jou lewe te leef, is die grootste vermorsing van lewensenergie.  Jy kan verseker wéét dat God vir jou lewe ‘n besondere plan het.  Die goeie nuus is dat alle mense ‘n betekenisvolle lewe kan leef! Hoekom is dit so noodsaaklik dat jy sal verstaan dat jy hier is vir ‘n rede, en dat jy hierdie rede moet ontdek en ten volle moet uitleef??  Vriende, die antwoord is eenvoudig  …  en soms bykans verbysterend:  GOD HET ‘n PLAN EN JY IS DEEL DAARVAN! Volg gerus hierdie boodskapreeks, en klik op die skakel vir die preeknotas. Boodskap 1  |  EK IS HIER Boodskap 2  |  JOU GEBOORTE IS STRATEGIES Boodskap 3  |  HOE ONTDEK JY JOU SKEPPINGSDOEL  Deel 1 Boodskap 4  |  HOE ONTDEK JY JOU SKEPPINGSDOEL  Deel 2 Boodskap 5  |  GOD SE WIL EN JOU PLEK IN DIE GEMEENTE Boodskap 6  |  KAN GOD OP JOU REKEN? Boodskap 7  |  WAAK TEEN...

Lees Meer

Gebed en Vas

Posted on Jan 11, 2016 in Blog, Program

Gebed en Vas

Besoek gerus ons webwerf gedurende hierdie week van verootmoediging vir gebedsbakens tydens hierdie genadereis Dankie dat jy saam met ons bid vir die volgende sake: Dat persone hulle sal toewy aan ‘n intieme verhouding met God. Dat persone hulle identiteit in Christus sal uitleef. Vir die redding van siele. Vir die werking van geestelike gawes in mense se lewens en ons byeenkomste. Die realisering van ons gemeente-visie:  Beleef.  Behoort.  Bedien. Die onderskeie departemente en program van die gemeente. Die passievolle betrokkenheid en getrouheid van alle lidmate. Die se gemeente se finansies. Vir die herderspaar van die VEK Louis Trichardt. Vir Pastoor Ludwig Schimper en die werk in Zimbabwe. Vir die Leierskap van die VEKvG Nasionaal. Vir die Leierskap van die VEK Louis Trichardt....

Lees Meer

Behou jou ywer

Posted on Jan 11, 2016 in Blog, Preeknotas

Behou jou ywer

Hier aan die begin van die jaar merk ons telkens dat die vuur van mense se ywer hoog en warm brand.  Nuwejaarsvoornemens word gemaak en mense is lus vir die lewe en sien kan vir die uitdagings.  Dit is hierdie positiewe ingesteldheid wat sommiges noop om te sê:  “2016 is my jaar!”  Mense word egter moeg en verloor soms belangstelling in dinge waaroor hulle aanvanklik só opgewonde was dat hulle bykans nie kon slaap nie.  Vir sommiges raak hulle nuwejaarsvoornemens al hoe verder buite bereik en later vergete.   Wat kan jy doen om te sorg dat die vuur van jou ywer hoog brand en dat jou entoesiasme aangewakker bly?  (Preeknotas) Klik gerus op die skakel vir ‘n paar voorstelle....

Lees Meer