12 Manier om kinders so ver te kry om aandag te gee

Posted on Jul 9, 2013 in Blog, WiX

In die Limpopo Provinsie open die skole weer op Maandag 15 Julie. Ek het die volgende saamgestel vir kinderbediening personeel wat besig is met voorbereiding vir die nuwe kwartaal. Die inligting is geneem uit ‘n eBrief wat ek ontvang het.  

Dale Hudson, wat beskou word as een van die top twintig invloedrykste persone ten opsigte van kinderbediening, wat self die afgelope 23 jaar by kinder- en familiebediening betrokke is, gee die volgende wenke om kinders se aandag te behou …

  1. Vra die kinders om te herhaal wat jy sopas gesê het.
  2. Wys ‘n kort video.
  3. Laat hulle vinnig opstaan en rondbeweeg.
  4. Laat hulle iets maak met betrekking tot die les wat aangebied was.
  5. Verwyder enige iets wat hulle aandag kan aftrek.
  6. Laat kinders in gonsgroepe verdeel om sekere aspekte/feite van die les te bespreek.
  7. Laat kinders die klas reëls maak – hulle skep dus hul eie dissiplinêre kode.
  8. Speel een of ander speletjie wat betrekking op die aanbieding het.
  9. Bied belonings vir diegene wat luister (‘n lekkerny, ens).
  10. Neem hulle uit die klaskamer na ‘n ander vertrek/plek waar die les aangebied gaan word.
  11. Laat hulle toe om jou te help met die lesaanbieding.
  12. Laat hulle sekere gebare/beweging agter jou aandoen.

 Klik gerus op die skakel vir die oorspronklike artikel:

http://www.churchleaders.com/children/childrens-ministry-how-tos/168388-12-great-ways-to-get-kids-to-pay-attention.html?print

Foto: http://www.jensenlearning.com/news/wp-content/uploads/2010/11/4005631298_50241b41ab.jpg